Author: Spongebob

  • Tekstuurblom kunswerkswinkel

    Tekstuurblom kunswerkswinkel Aangebied deur Annelie Mans -The Creative Club Doen dit self! Skep jou eie tekstuur pasta verf en maak ʼn pragtige kunswerk vir jou huis. Kom leer die maklike en goedkoop resep sodat jy vir jouself na hartelus kunswerke kan skep. Slegs 10 plekke beskikbaar. Die eerste 5 plekke wat bespreek word se toegangskaartjie…

  • Kom kuier by BUCO Nelspruit se stalletjie in klas T3

    Kom kuier by BUCO Nelspruit se stalletjie Aangebied deur – BUCO Nelspruit Kom kuier by BUCO Nelspruit se stalletjie in klas T3. Daar word ʼn wye verskeidenheid kunsklasse aangebied, maar ook alles wat nodig is vir die kunsvlyt-liefhebber. Produkte wat die doen-dit-self-foendi sal verstom, sal te koop aangebied word: van Tork Craft-produkte en hars (resin)…

  • Olliebolpret

    Olliebolpret Wat is nou lekkerder as ‘n oliebol? Dis reg. Om ’n oliebol te versier. Hier kry die kleinspan die geleentheid om self hulle oliebolle mooi te maak met allerhande goedjies soos versiersuiker, blinkertjies en Smarties! En die heel lekkerste is natuurlik om na die tyd te smul aan die oliebol wat jy self versier…

  • ATKV- Storiekrôl

    ATKV- Storiekrôl Met Marlene du Toit en Wendy Byneveldt Daar is ‘n hele storiedorp om te ontdek by Woelwaters wat gaan sorg vir die grootste boeke-pret ooit. Die kleingoed gaan saam met Feetjie Fuchia na drie storiehuise krôl om na verskillende lekker-voorlees-stories te luister. Elke aandoenplek word in ‘n fantasiewêreld omskep om by die spesifieke…

  • David Dee Magic

    David Dee Magic Met David Dee David Dee is die Laeveld se eie snaakse kul- en verhoogkunstenaar. Hy bied elke dag ʼn nuwe opwindende vertoning vir die kleinspan aan wat hulle na hulle asems sal laat snak. Met sy skerp humorsin vermaak hy oud en jonk. Verwag kulkunsies, ballonne en kom staan in verwondering hoe…

  • KARjakker deur die Bybel

    KARjakker deur die Bybel Met Clarissa Jooste Hierdie opwindende nuwe bordspel deur Jakkie Louw is om kinders op ’n prettige en interaktiewe manier te leer van Bybelkarakters en -verhale. Hierdie speletjie kombineer die opwinding van spel met die rykdom van Bybelse onderrig. Die spel is vermaaklik, maar terselfdertyd opvoedkundig met die fokus op waardes soos…

  • Felias en Pokkel

    Felias en Pokkel Met Jakkie Louw en Clarissa Jooste Hierdie splinternuwe poppekas-konsert handel oor twee veldmuise in boer Jakkie se huis. Felias is ’n slim, lang, maer muis met ’n brilletjie en Pokkel ’n kort, ronde, jong muis met ’n groen hoedjie op sy kop. Pokkel wil weet waar melk, koffie, plastiek en die suiker…