Vibe

Wat is Vibe?

….

VIBE Innibos Jeugkunstesimposium & -Ekspo 2027

28–30 Junie 2027 | Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga.

Gee jou leerders die geleentheid om te leer, te skep en die moontlikhede van ’n toekoms in die kunste te verken. VIBE Innibos bring jong kunstenaars, professionele bedryfsleiers en tersiêre instellings bymekaar vir drie dae van praktiese opleiding, vertonings en waardevolle ontmoetings.

Bou voort op die sukses van 2026

By die eerste VIBE Innibos het 283 leerders uit 19 skole landwyd deelgeneem. Hulle het 96 praktiese meesterklasse, aangebied deur 28 bedryfsleiers, en vyf teaterproduksies bygewoon. Leerders kon ook direk met instellings soos AFDA, STADIO en The Market Theatre Laboratory skakel.

Wat kan leerders in 2027 verwag?

  • Praktiese meesterklasse in toneelspel, fisieke teater, dans, film, visuele kunste en musiek.
  • Afrikaanse en Engelse verhoogproduksies wat leerders die kunste van nader laat beleef.
  • ’n Toekomsgerigte ekspo waar leerders met universiteite en kolleges in die uitvoerende kunste kan skakel.

Beplan nou vir 2027

Ons weet skole stel reeds hul kalenders en begrotings vir die 2027-akademiese jaar op. Maak VIBE Innibos deel van daardie gesprek.

Plekke is beperk. Die film- en teaterprogramme het in 2026 uitverkoop. Amptelike registrasiebesonderhede en pryse word binnekort bekend gemaak.

Wil jy jou skool se belangstelling aandui of ’n voorlopige kosteberaming vir jou begroting aanvra?

Stuur ’n e-pos aan steven@vibeinnibos.com of ’n WhatsApp na 071 418 4049.

Projekte