Kinder-oppasdiens op die feesterrein

Heeltyd speeltyd!

Tussendeur die vertonings is daar natuurlik tyd om lekker te speel op die springkastele en om Fun Galore se klimrame te beproef en hulle duursame speelgoed uit te toets. Hierdie veelsydige speelgoed word ook te koop aangebied. Gesonde liggaamlike aktiwiteite om die kinders mee besig te hou.

Kinder-oppasdiens op die feesterrein

Die ATKV Laeveld-tak bestuur Woelwaters se aktiwiteite en ouers kan hul kinders met ’n geruste hart hier in die bekwame hande van hierdie knap span laat. Kleintjies moet in- en uitgeteken word, maar die groter kinders is welkom om te kom en gaan soos hulle wil.

’n Kinder-oppasdiens is ook daagliks beskikbaar. Ouers wat graag ’n produksie wil bywoon of net in vrede tussen die stalletjies wil gaan stap, kan gerus van hierdie diens gebruik maak. Vir die kleinspan wat ingeteken is, is daar tydens middagete heerlike eetgoed beskikbaar – moontlik gemaak deur SUNBAKE.

Daar is ook ’n aand-oppasdiens. ’n Kinder-DVD, inkleurgoed en speletjies hou die kleingoed besig en daar is matrassies waarop hulle kan slaap. Bekwame personeel sien na die kleintjies om teen ’n billike tarief.

Vir enige navrae skakel 082 321 6311

Produksie Inligting

Plek: Woelwaters op die Innibos feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet. ’n Propvol vermaakprogram met baie pretaktiwiteite word van 11:00 tot 17:00 aangebied en dit is heeltemal verniet! Toegang tot Woelwaters is gratis.

Similar Posts

  • David Dee Magic

    David Dee Magic Met David Dee David Dee is die Laeveld se eie snaakse kul- en verhoogkunstenaar. Hy bied elke dag ʼn nuwe opwindende vertoning vir die kleinspan aan wat hulle na hulle asems sal laat snak. Met sy skerp humorsin vermaak hy oud en jonk. Verwag kulkunsies, ballonne en kom staan in verwondering hoe…

  • KARjakker deur die Bybel

    KARjakker deur die Bybel Met Clarissa Jooste Hierdie opwindende nuwe bordspel deur Jakkie Louw is om kinders op ’n prettige en interaktiewe manier te leer van Bybelkarakters en -verhale. Hierdie speletjie kombineer die opwinding van spel met die rykdom van Bybelse onderrig. Die spel is vermaaklik, maar terselfdertyd opvoedkundig met die fokus op waardes soos…

  • Felias en Pokkel

    Felias en Pokkel Met Jakkie Louw en Clarissa Jooste Hierdie splinternuwe poppekas-konsert handel oor twee veldmuise in boer Jakkie se huis. Felias is ’n slim, lang, maer muis met ’n brilletjie en Pokkel ’n kort, ronde, jong muis met ’n groen hoedjie op sy kop. Pokkel wil weet waar melk, koffie, plastiek en die suiker…

  • Olliebolpret

    Olliebolpret Wat is nou lekkerder as ‘n oliebol? Dis reg. Om ’n oliebol te versier. Hier kry die kleinspan die geleentheid om self hulle oliebolle mooi te maak met allerhande goedjies soos versiersuiker, blinkertjies en Smarties! En die heel lekkerste is natuurlik om na die tyd te smul aan die oliebol wat jy self versier…

  • ATKV- Storiekrôl

    ATKV- Storiekrôl Met Marlene du Toit en Wendy Byneveldt Daar is ‘n hele storiedorp om te ontdek by Woelwaters wat gaan sorg vir die grootste boeke-pret ooit. Die kleingoed gaan saam met Feetjie Fuchia na drie storiehuise krôl om na verskillende lekker-voorlees-stories te luister. Elke aandoenplek word in ‘n fantasiewêreld omskep om by die spesifieke…