Lus vir harde feite en sexy fiksie? Kom kuier saam by die Innibos Boekenaweek op Kaapschehoop
Die vierde Innibos Boekenaweek word vanjaar van 28-30 Augustus op Kaapschehoop aangebied en naweekgangers kan ’n stewige aanbod nie-fiksie oor aktuele kwessies verwag. Fiksie bly egter nie agterweë nie en die Karoo se melktertbakker en aweregse speurder tannie Maria bring haar skrywer Sally Andrew eindelik Laeveld toe met die nuutste misterie wat opgelos word in…
