Jy stop op die middelste vlak by i’langa Mall en los jou motor daar. Dan klim jy op een van City Bug se bussies wat jou dan gratis na die feesterrein toe vervoer. Nadat jy gefees het, klim jy weer op die bussie wat jou terugry na i’langa Mall. Dit is baie gerieflik en maklik en sodoende vermy jy verkeersknope.
Jy koop die tafel vir 6 mense as ʼn pakket. Die kuiertafels behels ʼn tafel en twee bankie-stoele in ʼn prima area ongeveer 30-40 meter vanaf die hoofverhoog. Die kuierarea het ook sy eie toilette en kroeg. Die hekke vir hierdie area open om 16h00 elke dag. Elke persoon oor die ouderdom van 2 benodig ʼn kaartjie vir toegang tot die area. Kinders onder 2 benodig dus nie ʼn kaartjie nie.
Onthou asb. dat die kuiertafel-kaartjies NIE die feesterrein toegang insluit nie. Jy benodig ʼn addisionele feesterreinkaartjie.
Wil jy weet sodra kaartjieverkope begin? Teken in op ons nuusbrief en ons laat weet jou wanneer jy jou kaartjies kan koop.