Kry vir jou ’n tux, Thomas

Kry vir jou ’n tux, Thomas

KOMEDIE

Met Dean-John Smith en Marion Holm

Tessa Slabbert is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie. Sy wéét vanaand se funksie, en die belaglike “Toekenning vir Lewenslange Bydrae” wat sy kry, is haar smokgevreet van ʼn eksman se manier om subtiel te sê haar tyd is verby. Sý is Le Poulpe (Die Seekat) Cosmetics! Tessa gaan nie opdaag nie. Dit sal hom en sy kredietkaartkoket leer om nie met Tessa te mors nie. Stotterende Thomas het sy hande vol om Tessa te oortuig om tog maar te gaan – asof dit die belangrikste taak van sy lewe is … Wanneer sy uiteindelik, op een voorwaarde, instem, kan hy nie anders as om te doen wat sy vra nie. Daar is baie op die spel. ‘n Stuk oor seekatte, wat ons doen om okay te wees en wat dit alles met Noddy te doen het. Marion Holm en Dean John Smith speel die verhoog vuurwarm in hierdie nuwe komedie uit die pen van Retief Scholtz. Daar is baie om oor te lag, maar, vir balans, nes dit maar altyd in die lewe is, is daar ook heelwat om oor te huil. Maak vas jou sitplekgordel: Tessa en Thomas het dinge om te sê.

Hierdie produksie is lig en snaaks; mooi en hartseer. ʼn Besliste moet-sien op die Innibosspyskaart.

Produksie Inligting

Teks en regie: Retief Scholtz

Vervaardiger: The Artist Warehouse

Gradering: Geen O/13

Venue: Mbombela Stadsteater / Civic Theatre

Tydsduur: 75 min

Prys: R195

ʼn Innibos- en Vrystaat Kunstefees ko-produksie ondersteun deur NATi, vervaardig deur The Artist Warehouse.

Similar Posts

  • Seun

    Seun DRAMA Met Wilhelm van der Walt Vir baie mans was die 1980’s ’n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk: ’n tyd van ontreddering. ’n Tyd wat vrae gewek het….

  • Geagte Kampeerders

    Geagte Kampeerders KOMEDIE Met Wynand van Vollenstee en Thiart Li “Geagte Kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaterspad – die bo-gemiddelde, sagte grondpad. Met ekstra groot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. Hengelaars se paradys, behulpsame staf, ekstra-breedte supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met ’n uitputtende dagprogram vir…

  • Internet Sensasie

    Internet Sensasie Met Mel die Storieverteller. Mel die Storieverteller is ’n komediant en katliefhebber, maar op ons fone is sy ’n internet sensasie. In hierdie vertoning verklap sy wat sy regtig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape. Gehoorlede kan interessante stories, danspassies en ‘n lied of twee verwag….

  • Ek vra ook maar net?

    Ek vra ook maar net? Met Wynand van Vollenstee. Hoekom is daar veiligheidgordels in vliegtuie? Wie het gedink dieretuine is ’n goeie idee? As die spoedgrens 120 km/h is, hoekom kan my kar 180 km/h ry? Wie is die “hulle” wat almal altyd van praat? Waarvan word “100% recycled toilet paper” gemaak? In hierdie satiriese…

  • Vlerksleep

    Vlerksleep KOMEDIE Met Bertha le Roux-Wahl, David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen Ons almal was seker al op ’n toe-oog afspraak en weet presies hoe aaklig dit kan wees. TVrealiteitsreekse dwing bekendes om in der waarheid op blinde afsprake te gaan en dis dit dan vir die wêreld op as “vermaak”. Peter Quilter…