Seun

Seun

DRAMA

Met Wilhelm van der Walt

Vir baie mans was die 1980’s ’n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk: ’n tyd van ontreddering. ’n Tyd wat vrae gewek het.

In hierdie toneelstuk word Dana Snyman se ervaringe van die 1980’s uitgebeeld. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria.

Dié rou, selfonthullende memoires vra: hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ‘n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?

Hierdie is die aangrypende verhaal oor grootword tydens die doodsnikke van ’n politieke era, oor manlikheid en oor selfaanvaarding en oor hoe die liefde uiteindelik alles oorkom.

Produksie Inligting

Skrywer: Dana Snyman

Verwerking: Johann Smith

Regie: Nico Scheepers

Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions

Gradering: Gesin

Venue: Mbombela Stadsteater / Civic Theatre

Tydsduur: 85 min

Prys: R195

’n Innibos-produksie ondersteun deur NATi, vervaardig deur Leftfoot Theatre Productions.

Similar Posts

  • Moord met ’n T

    Moord met ’n T KOMEDIE Met Tobie Cronje, Ignatius van Heerden, Andre Lotter Die popmooi winkelassistent, Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is byderhand. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord,…

  • Ek vra ook maar net?

    Ek vra ook maar net? Met Wynand van Vollenstee. Hoekom is daar veiligheidgordels in vliegtuie? Wie het gedink dieretuine is ’n goeie idee? As die spoedgrens 120 km/h is, hoekom kan my kar 180 km/h ry? Wie is die “hulle” wat almal altyd van praat? Waarvan word “100% recycled toilet paper” gemaak? In hierdie satiriese…

  • Speelgoed van Glas

    Speelgoed van Glas DRAMA Met Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin ’n Nuwe vertaling en verwerking van Tennessee Williams se tydlose meesterstuk The Glass Menagerie. Hierdie drama ontknoop die fyn web van liefde en verlies, gespin deur ’n matriarg om haar gesin tot elke prys bymekaar te hou – en hoe…

  • Ouma is op pad

    Ouma is op pad KOMEDIE Met Margit Meyer-Rödenbeck en Conraad Rall ’n Gehoorlid skryf op 16 Aug: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. UITSTEKEND!” Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla…

  • Internet Sensasie

    Internet Sensasie Met Mel die Storieverteller. Mel die Storieverteller is ’n komediant en katliefhebber, maar op ons fone is sy ’n internet sensasie. In hierdie vertoning verklap sy wat sy regtig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape. Gehoorlede kan interessante stories, danspassies en ‘n lied of twee verwag….