Ons Prati Khaki, Ons Dra Dit

Ons Prati Khaki, Ons Dra Dit

Met Matie van Graan.

Haar loopbaan as #boerboeltannie was nie haar eerste kennismaking met khaki’s nie. Dit het in Natuurbewaring begin met die pylstert-likkewaan-vanger, toe in Landbou met die orige jakkalse, later in Waterwese met een wiel van die pad af by die asgate, tot by Anglo Platinum met Dubai se kamele rykdom.

Tussendeur is sy getroud (nie seker of dit wettig is nie), wat tot Interflora-valskermspring-zoerdoef gelei het. Die kind met die haai-hang-kas en die doane-drama wat daarop gevolg het, het my as die tipiese-internasionale-dwelm-muil geïdentifiseer. Nogtans, dra en praat ek steeds trots Khaki!

Produksie Inligting

Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).

Similar Posts

  • |

    Afrimat Openbare Gespreksreeks saam met Theo Venter

    Afrimat Openbare Gespreksreeks saam met Theo Venter Fasiliteerders: Theo Venter, Kabous Meiring en Lourensa Eckard. Kom luister na kenners en neem deel aan Afrimat se aktualiteisgesprekke. Brandpunt-sake rakende die ekonomie, gemeenskap, politiek en die land gaan onder die loep kom. Kom word wys, lug jou mening en gesels saam. Donderdag: ‘n Uitgestelde begroting en lae…

  • Ek vra ook maar net?

    Ek vra ook maar net? Met Wynand van Vollenstee. Hoekom is daar veiligheidgordels in vliegtuie? Wie het gedink dieretuine is ’n goeie idee? As die spoedgrens 120 km/h is, hoekom kan my kar 180 km/h ry? Wie is die “hulle” wat almal altyd van praat? Waarvan word “100% recycled toilet paper” gemaak? In hierdie satiriese…

  • Speelgoed van Glas

    Speelgoed van Glas DRAMA Met Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin ’n Nuwe vertaling en verwerking van Tennessee Williams se tydlose meesterstuk The Glass Menagerie. Hierdie drama ontknoop die fyn web van liefde en verlies, gespin deur ’n matriarg om haar gesin tot elke prys bymekaar te hou – en hoe…

  • Ouma is op pad

    Ouma is op pad KOMEDIE Met Margit Meyer-Rödenbeck en Conraad Rall ’n Gehoorlid skryf op 16 Aug: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. UITSTEKEND!” Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla…

  • Vlerksleep

    Vlerksleep KOMEDIE Met Bertha le Roux-Wahl, David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen Ons almal was seker al op ’n toe-oog afspraak en weet presies hoe aaklig dit kan wees. TVrealiteitsreekse dwing bekendes om in der waarheid op blinde afsprake te gaan en dis dit dan vir die wêreld op as “vermaak”. Peter Quilter…