Ons Prati Khaki, Ons Dra Dit

Ons Prati Khaki, Ons Dra Dit

Met Matie van Graan.

Haar loopbaan as #boerboeltannie was nie haar eerste kennismaking met khaki’s nie. Dit het in Natuurbewaring begin met die pylstert-likkewaan-vanger, toe in Landbou met die orige jakkalse, later in Waterwese met een wiel van die pad af by die asgate, tot by Anglo Platinum met Dubai se kamele rykdom.

Tussendeur is sy getroud (nie seker of dit wettig is nie), wat tot Interflora-valskermspring-zoerdoef gelei het. Die kind met die haai-hang-kas en die doane-drama wat daarop gevolg het, het my as die tipiese-internasionale-dwelm-muil geïdentifiseer. Nogtans, dra en praat ek steeds trots Khaki!

Produksie Inligting

Plek: Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein

Prys: Ingesluit in jou feesterrein toegangsfooie.

Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein bied stukkies teater uit die boonste rakke aan. Hier word feesgangers kuier-kuier aan teater en ander kunsvorme blootgestel. Kom geniet kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude. Alle vertonings by die Laevelder Boma-kuierteater is gratis (ingesluit by die hektoegang).

Similar Posts

  • Internet Sensasie

    Internet Sensasie Met Mel die Storieverteller. Mel die Storieverteller is ’n komediant en katliefhebber, maar op ons fone is sy ’n internet sensasie. In hierdie vertoning verklap sy wat sy regtig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape. Gehoorlede kan interessante stories, danspassies en ‘n lied of twee verwag….

  • Kry vir jou ’n tux, Thomas

    Kry vir jou ’n tux, Thomas KOMEDIE Met Dean-John Smith en Marion Holm Tessa Slabbert is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie. Sy wéét vanaand se funksie, en die belaglike “Toekenning vir Lewenslange Bydrae” wat sy kry, is haar smokgevreet van ʼn eksman se manier om subtiel te sê haar tyd is verby. Sý is…

  • Moord met ’n T

    Moord met ’n T KOMEDIE Met Tobie Cronje, Ignatius van Heerden, Andre Lotter Die popmooi winkelassistent, Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is byderhand. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord,…

  • Geagte Kampeerders

    Geagte Kampeerders KOMEDIE Met Wynand van Vollenstee en Thiart Li “Geagte Kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaterspad – die bo-gemiddelde, sagte grondpad. Met ekstra groot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. Hengelaars se paradys, behulpsame staf, ekstra-breedte supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met ’n uitputtende dagprogram vir…

  • Seun

    Seun DRAMA Met Wilhelm van der Walt Vir baie mans was die 1980’s ’n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk: ’n tyd van ontreddering. ’n Tyd wat vrae gewek het….