JacarandaFM Konsert

Vrydag Feesterrein en JacarandaFM Konsert

Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Vrydag 4de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die JacarandaFM-konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit.

Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal nie feesterreintoegang nie, maar kinders ouer as 2 benodig wel ‘n kaartjie vir die Kuiertafels of Bespreekte Stoele.

Senior burgers van 60 jaar en ouer kan slegs op die spesifieke dag by Hek 1 die pensioenariskaartjies koop (ID word benodig). Daar is nie ‘n weekkaartjie vir pensioenarisse nie.

Lys van kunstenaars:

Bernice West, Bok van Blerk, Danny Smoke, Die Heuwels Fantasties, Ruan du Toit, Robbie Wessels, Martin Bester.

Geen Ouderdomsbeperking

Similar Posts

  • Gé Sing – Hoor my lied

    Gé Sing – Hoor my lied Kontemporêr Met Johan Brummer (Fatman), Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman, Chanie Jonker, Angelo Roman, Theuns Botha Teen die einde van September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, vir altyd stil geword het. Sy lewe, loopbaan en…

  • Opera – Tango

    Opera – Tango Klassiek / Opera Met Zanne Stapelberg (sopraan), Albie van Schalkwyk (klavier) en die Nocoré Ensemble. Die produksie word ingelei deur die klokhelder stemme van die Nocoré Ensemble, waarna die uitvoering voortgesit word deur twee van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars, Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk. Opera-Tango is ’n elegante vermenging van…

  • Trou

    Trou Musiekteater – Komedie Met Mel die Storieverteller en Corlea Botha Komediant Mel die Storieverteller en sangeres Corlea Botha smelt hul talente saam om ’n onvergeetlike vertoning vol sang en stories te bring. Jy hoef nie ’n ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie. Ons almal was al by…

  • Huisgenoot Afskopkonsert

    Donderdag Feesterrein en Huisgenoot Afskopkonsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Donderdag 3de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die Huisgenoot Afskopkonsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13)…