Die beste band in die wêreld ooit, ek sweer.

Die beste band in die wêreld ooit, ek sweer.

Kontemporêr

Met Ricus de Beer, Ryno Velvet , Regardt Scheepers.

Die produksie, wat gelei word deur die Radioraps- en Ryno Velvet- kampe is enig in sy soort. Rikus, bekend as Johnathan van Radioraps het na ‘n 2 jaar blaaskansie besluit om weer op die planke te verken, maar dié keer met ‘n twist. Hierdie keer is hy nie Jonathan van Radioraps nie, maar homself, Rikus. Hy was nog altyd ‘n groot aanhanger van Ryno Velvet. Na hulle ontmoeting en op die jaar waar hulle al twee 40 word, het hulle besluit om kragte saam te snoer en ‘n produksie op die planke te bring wat stories uit Rikus se perspektief vertel, sowel as die 9 liedjies wat op die album, Nou toer ons, verskyn.

Bekende parodieë en ou classics van Ryno en Rikus, sowel as ‘n paar verrassings wat nog nooit gehoor is nie, maak deel uit van die vertoning. Heeltemal uniek en enig in sy soort. Hierdie vertoning het ‘n ouderdomsbeperk van 16 en is net vir lekker mense.

Produksie Inligting

Gradering: Gesin

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 90 min

Prys: R305

Similar Posts

  • Opera – Tango

    Opera – Tango Klassiek / Opera Met Zanne Stapelberg (sopraan), Albie van Schalkwyk (klavier) en die Nocoré Ensemble. Die produksie word ingelei deur die klokhelder stemme van die Nocoré Ensemble, waarna die uitvoering voortgesit word deur twee van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars, Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk. Opera-Tango is ’n elegante vermenging van…

  • JacarandaFM Konsert

    Vrydag Feesterrein en JacarandaFM Konsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Vrydag 4de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die JacarandaFM-konsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal…

  • Loof Hom Innibos

    Loof Hom Innibos Met Ilán van Staden, Chris Else en Onbeskaamd. Innibos sluit die fees op ‘n gepaste wyse af en almal word hartlik uitgenooi om te kom deel in die danksegging en lofprysing saam met Ilán van Staden, Chris Else en Onbeskaamd. Hierdie is ʼn GRATIS konsert, maar daar word kollekte na die tyd…

  • Gé Sing – Hoor my lied

    Gé Sing – Hoor my lied Kontemporêr Met Johan Brummer (Fatman), Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman, Chanie Jonker, Angelo Roman, Theuns Botha Teen die einde van September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, vir altyd stil geword het. Sy lewe, loopbaan en…