Vrae en Antwoorde

Hoe laat maak die hekke oop?
Die Hekke maak elke dag om 10:00 oop.
As jy ʼn toegangskaartjie vir Innibos se feesterrein koop, gee dit jou toegang tot die stalletjies, jy kan by al die kuierverhoë luister na die kunstenaars wat daar optree, jy kan na al die kort teaterstukke, eenmanvertonings, vertellings, onderhoude en gesprekke by die Boma-kuierteater gaan kyk, kleingoed is welkom om gratis die vertonings en aktiwiteite by Woelwaters by te woon. By die Wingerd Kuiertuin word daar behalwe die pragtige musiek, ook kompetisies en ander aktiwiteite aangebied. Dan is daar elke aand die hoofverhoog-konserte met van die land se top kunstenaars! Dit alles is by jou hektoegang ingesluit. Die ritte in die pretpark is addisioneel ekstra vir jou eie sak.
Ja, die aandkonsert op die hoofverhoog is ingesluit by die feesterreinkaartjie.
Die aansoekvorms vir tydelike werk verskyn jaarliks vanaf 1 Mei op Innibos se webtuiste waar dit aanlyn ingevul word.
Alle verlore goedere word tydens die fees ingehandig by die feesterreinkantoor agter die pawiljoen of na die fees kan jy kom kyk of dit gevind is by die Inniboskantoor, Fauriestraat, Sonpark, Mbombela.
Hierdie kaartjies is net by HEK 1 beskikbaar tydens die fees. Jy moet ook jou ID-dokument bring. Geen pensioenariskaartjies is by die kantoor te koop nie.
Daar is streng maatreëls in plek om bedrog te voorkom, daarom word pensioenariskaartjies nie aanlyn verkoop nie.
Voorskoolse- en laerskool kinders het gratis toegang. Laerskoolkinders benodig nie kaartjies nie Kinders tussen 2jr en 12jr benodig wél ʼn toegangskaartjie na die kuiertafel-area.

Jy stop op die middelste vlak by i’langa Mall en los jou motor daar. Dan klim jy op een van City Bug se bussies wat jou dan gratis na die feesterrein toe vervoer. Nadat jy gefees het, klim jy weer op die bussie wat jou terugry na i’langa Mall. Dit is baie gerieflik en maklik en sodoende vermy jy verkeersknope.

Jy kan ʼn Bossewa neem om jou vertoning by die onderskeie venues te gaan kyk. Hulle vertrek 45 minute voor ʼn vertoning en sal binne 20 minute na die vertoning weer daar wees om jou terug te bring feesterrein toe. Dit kos R20 per rit (R40 retoer).
Hierdie is baie duur produksies. Dink net aan die koste om al die kunstenaars wat optree se fooie te betaal. Die busse en toerleiers en die inrigting van die venues is ook duur. Hierdie produksies kan net aangebied word deur ʼn borgskap omdat die koste nie uit die kaartjieverkope verhaal kan word nie en kan dus net ʼn beperkte aantal feesgangers huisves en dit diegene ʼn uitsonderlike ervaring bied.
Innibosbestuur besoek feeste en ander plekke en gaan kyk dan na ʼn verskeidenheid produksies. Produksies word genooi op grond van die teikenmark wat teaterproduksies besoek.
Aansoeke word aan alison@innibos.co.za gestuur. Daar is ʼn keuringspaneel wat deur die aansoeke gaan en dan dié kies volgens ʼn lys van kriteria: die gehalte van die produkte, is die produkte handgemaak en uniek, hoeveel soortgelyke aansoeke is ontvang? Die hoeveelheid plek bepaal ook hoeveel stalletjies gekeur word – gewoonlik so om en by die 200. Daar word ook jaarliks gepoog om nuwe uitstallers ʼn kans te gee. Die aansoeke open elke jaar einde Augustus. .
Opkomende kunstenaars wat graag by Innibos wil optree, moet aansoek doen. Aansoekvorms sal van 1 OKTOBER op Innibos se webtuiste www.innibos.co.za beskikbaar wees. Neem asseblief kennis dat die sluitingsdatum 31 OKTOBER is en dat geen laat aansoeke aanvaar word nie. Gevestigde of bekende kunstenaars word deur Innibos genooi om by die fees op te tree.
Nee, slegs kaarttransaksies. Die kaartjieverkooppunt by die hekke is kontantloos.
Nee, slegs kaarttransaksies. Die betaalpunte by die kroeë is kontantloos.
Die gradering word in die program aangedui. As daar staan GESIN, is dit vir die hele gesin. Let ook op die ouderdomsbeperking wat vir jou ʼn aanduiding kan gee. T staan vir TAAL (moontlike kru taalgebruik), N staan vir NAAKTHEID, OB staan vir OUERBEGELEIDING ens.

Jy koop die tafel vir 6 mense as ʼn pakket. Die kuiertafels behels ʼn tafel en twee bankie-stoele in ʼn prima area ongeveer 30-40 meter vanaf die hoofverhoog. Die kuierarea het ook sy eie toilette en kroeg. Die hekke vir hierdie area open om 16h00 elke dag. Elke persoon oor die ouderdom van 2 benodig ʼn kaartjie vir toegang tot die area. Kinders onder 2 benodig dus nie ʼn kaartjie nie.

Onthou asb. dat die kuiertafel-kaartjies NIE die feesterrein toegang insluit nie. Jy benodig ʼn addisionele feesterreinkaartjie.

Die aansoeke vir opkomende kunstenaars open elke jaar in Oktober. Hou asseblief ons sosiale media dop vir die aankondiging vir wanneer die aansoeke beskikbaar is. Daar is ʼn keuringspaneel wat deur die aansoeke gaan en dan hul keuse maak volgens bepaalde kriteria. Die uitslae word gewoonlik in Februarie bekend gemaak.
Innibos is onderhewig aan al die landswette waarvan die Beheer op Tabakprodukte van 1993 (hersien in 1999) ook deel is. Die feesterrein is dus ʼn rookvrye area.