Opera – Tango

Opera - Tango

Klassiek / Opera

Met Zanne Stapelberg (sopraan), Albie van Schalkwyk (klavier) en die Nocoré Ensemble.

Die produksie word ingelei deur die klokhelder stemme van die Nocoré Ensemble, waarna die uitvoering voortgesit word deur twee van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars, Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk. Opera-Tango is ’n elegante vermenging van klank en emosie. Met Zanne se ryk, besonderse stem en die uitmuntende begeleiding van Albie op die klavier, word die gehoor meegesleur deur die mees ikoniese opera-arias en vurige Spaanse Zarzuela-arias. Zanne is bekend vir haar sielvolle en passievolle vertolkings. In arias soos Lascia ch’io Pianga en Come Scoglio word die emosionele intensiteit van elke noot en elke woord oorgedra. Albie se klavierspel is terselfdertyd delikaat en kragtig – ’n getuienis van sy merkwaardige kunstenaarskap. Die konsert bereik ’n hoogtepunt met die die Milonga uit Astor Piazzolla se tango-opera Maria de Buenos Aires. Opera-Tango is ’n magiese musikale reis gevul met die diepe skoonheid van klassieke musiek.

Produksie Inligting

Musiekregie: Albie van Schalkwyk en Zanne Stapelberg

Gradering: Gesin

Venue: Mbombela Stadsteater / Civic Centre

Tydsduur: 75 min

Prys: R195

Similar Posts

  • |

    kykNET Country

    kykNET Country Maak seker jy kom gestewel en gespoor op Saterdag, 5 Julie 2025 na die feesterrein, want Innibos het vanjaar vir die eerste keer ʼn kykNET Country Konsert. Hierdie hie-ha lekkerte vind plaas op die kykNET-verhoog en begin om 16:00. Kom skoffel saam met Country sangers soos Cordelia, Skemer, Franja du Plessis, Ruan Josh…

  • Huisgenoot Afskopkonsert

    Donderdag Feesterrein en Huisgenoot Afskopkonsert Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Donderdag 3de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die Huisgenoot Afskopkonsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit. Kinders tot en met 12 jaar (onder 13)…

  • Trou

    Trou Musiekteater – Komedie Met Mel die Storieverteller en Corlea Botha Komediant Mel die Storieverteller en sangeres Corlea Botha smelt hul talente saam om ’n onvergeetlike vertoning vol sang en stories te bring. Jy hoef nie ’n ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie. Ons almal was al by…

  • Gé Sing – Hoor my lied

    Gé Sing – Hoor my lied Kontemporêr Met Johan Brummer (Fatman), Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman, Chanie Jonker, Angelo Roman, Theuns Botha Teen die einde van September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, vir altyd stil geword het. Sy lewe, loopbaan en…