Innibos se tema vir die jaar is VARS! en Die Wingerd is ‘n splinternuwe konsep wat beloof om al die sintuie te prikkel. Die boomryke area tussen die twee rye klaskamers (die ou Kunspark) gaan omskep word in ‘n pragtige kuiertuin. Daar gaan verskeie wynstalletjies wees waar feesgangers wyn kan proe en saam met die heerlike kos kan geniet. Daar gaan ook pragtige kuns- en lekker kosstalletjies wees. Die aanbieding op die verhoog in hierdie area gaan sorg dat die feesgangers heeldag net daar wil uitspan. Daar gaan interessante boekebesprekings en kosdemonstrasies, radio-uitsendings, sangers en vele ander aktiwiteite wees. Hierdie is ‘n nuutjie wat beslis die besoek werd gaan wees!
Similar Posts
Toyota Innibos en die Laeveld: Die perfekte wintersvakansie op jou voorstoep
Nelspruit (Mbombela), Mpumalanga – Waarom ure op die pad deurbring wanneer een van Suid-Afrika se gewildste wintersvakansiebestemmings reg op jou voorstoep wag? Hierdie winter bied die Toyota Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees aan Gautengers, Laevelders en inwoners van die breër Mpumalanga-streek die ideale geleentheid om ‘n onvergeetlike vakansie te geniet sonder om ver te reis. Die…
So word jong akteurs oud vir ’n rol
Akteurs en glanspersoonlikhede is gewoonlik sinoniem met verjongingskure, maar as ʼn rol dit vereis, kan jeugdige akteurs vinnig in ʼn ou dame of man omskep word met die nuutste tegnologie en grimeerkunsies. Innibos Kunstefees het vanjaar twee produksies waar jong akteurs ouer of bejaarde karakters vertolk. Die jeugdige Desire Gardner, bekend vir haar rolle in…
Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns
Die ATKV-Kuns- en Boeke-oase by Innibos is vanjaar opnuut die toevlugsoord vir lesers en liefhebbers van die skone kunste ná ’n afwesigheid verlede jaar. Verskeie boekgesprekke word elke dag by die ATKV-Kuns- en Boeke-oase by Laerskool Nelspruit se kultuursentrum gehou. Etienne van Heerder kom vertel onder meer van die magiese gegewens in sy boek Gebeente,…
‘n Magiese Feeservaring by die Laevelder Boma-kuierteater
‘n Magiese Feeservaring by die Laevelder Boma-kuierteater Elke jaar, wanneer die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees sy deure oopmaak, kom mense van oraloor om die unieke atmosfeer, musiek en kuns te beleef, want dis nie net ’n fees nie, dis Innibos. En diep, binne die hart van die feesterrein, waar lag eggo en stories tot lewe…
Puik toneel op die Innibos spyskaart 2024.
Die tafel vir die Innibos Produksieprogram is hierdie jaar gedek met uitsonderlike en interessante vertonings wat in ieder en ʼn elk se smaak sal val. Hier is ʼn paar lusmakertjies! Die produksie Albatros met Louw Venter en Ben Albertyn in die rolverdeling is die aangrypende verhaal van ʼn pa en seun oor twee geslagte heen…
Wat jou feeskaartjie werklik koop: Die finansiële hartklop van Innibos
Wat jou feeskaartjie werklik koop: Die finansiële hartklop van Innibos Agter elke glimlag en treffende verhoogoomblik by die Toyota Innibos Nasionale Kunstefees, skuil ’n reuse-organisasie wat jaarliks die fees in ’n wêreldklas kuns- en kultuurbelewenis omskep. Die Innibos Kunstefees is veel meer as nét ’n musiekfees; dit is ’n lewende organisme wat bestaan uit musiek,…
