Innibos se tema vir die jaar is VARS! en Die Wingerd is ‘n splinternuwe konsep wat beloof om al die sintuie te prikkel. Die boomryke area tussen die twee rye klaskamers (die ou Kunspark) gaan omskep word in ‘n pragtige kuiertuin. Daar gaan verskeie wynstalletjies wees waar feesgangers wyn kan proe en saam met die heerlike kos kan geniet. Daar gaan ook pragtige kuns- en lekker kosstalletjies wees. Die aanbieding op die verhoog in hierdie area gaan sorg dat die feesgangers heeldag net daar wil uitspan. Daar gaan interessante boekebesprekings en kosdemonstrasies, radio-uitsendings, sangers en vele ander aktiwiteite wees. Hierdie is ‘n nuutjie wat beslis die besoek werd gaan wees!
Similar Posts
’n Skouspel van stories, snare en skaterlag by Toyota Innibos
’n Skouspel van stories, snare en skaterlag by Toyota Innibos Toyota Innibos maak die komende winter warmer én LEKKERDER met ‘n kleurvolle kunstefees in die hartjie van Mbombela. ‘n Propvol program van vermaak gaan jou laat lag, dink, huil en dans. Van komedie en musiek tot leefstyl en drama, daar is iets vir elke siel. …
Provoking Perspectives: Art as a Catalyst for Conversation (Innibos National Arts Festival)
Art speaks to both the heart and the mind. Each viewer’s reaction to creative work is deeply subjective and, as such, art provides a platform for communicating ideas and stimulating discussion. Provoking Perspectives: Art as a Catalyst for Conversation opens at the end of June in Mbombela and forms part of the Innibos National Arts…
Kuns Inni Liedjiebos Gekose Gedigte Uitslag
Met die Kuns Inni Liedjiebos-projek is die publiek gevra om gedigte te stuur vir moontlike oorweging om in hierdie produksie gebruik te word. ʼn Magdom pragtige gedigte is ontvang en dit het baie kopkrap gekos om daaruit te kies. Die volgende gedigte is gekies om deel van die musiekproduksie te wees: Vars Onthou – D…
Innibos se perfékte WOW-faktor Kersgeskenk-idee
Kersfees sluip vinniger nader as wat jy wil erken, en hoewel jy dalk nog ‘n duisend dinge moet doen voor die feesseisoen aanbreek, gaan Innibos dit vir jou maklik maak. Want net soos julle, wonder ons ook wat om te koop vir daardie spesiale iemand wat reeds alles het. Innibos het die antwoord vir ‘n…
Innibos-toneel bring die beste akteurs na die Laeveld
Van die room van Afrikaanse akteurs is vanjaar op die verhoog by die Innibos Kunstefees en Laevelders wat uitgehonger is vir goeie, komiese en meesleurende toneelstukke kan uit van die beste aanbiedinge kies. In ’n uiteenlopende verskeidenheid toneelstukke is onder andere Sandra Prinsloo, Rika Sennett, Adriaan Havenga, Cindy Swanepoel, Je-ani Swiegelaar, Louw Venter en Ben…
Puik toneel op die Innibos spyskaart 2024.
Die tafel vir die Innibos Produksieprogram is hierdie jaar gedek met uitsonderlike en interessante vertonings wat in ieder en ʼn elk se smaak sal val. Hier is ʼn paar lusmakertjies! Die produksie Albatros met Louw Venter en Ben Albertyn in die rolverdeling is die aangrypende verhaal van ʼn pa en seun oor twee geslagte heen…
